INHOUDSOPGAWE
- Amptelike naam en adres van die Pensioenfonds
- Registrasienommer
- Hoofbeampte
- Beheerliggaam
- Komitees
- Diensverskaffers
- Batebestuurders
- Keuses: Modelle en Portefeuljes
- Transvaalse Pensioenfonds
- Riglyn om op Alexforbes Online te registreer
- Reëls van die Fonds
KORTLIKS
- Die Predikante Pensioenfonds van die Ned. Geref. Kerk in Suid-Afrika (PPF) maak gebruik van diensverskaffers, soos Alexforbes. Lede van die PPF se geld is egter nie by Alexforbes belê nie. Lede is ook nie lid van Alexforbes se pensioenfonds nie. Alexforbes is slegs die administrateur. Hulle bied onder andere ’n platform wat lede toegang gee om hulle fondswaarde te kan sien. Sien
Alexforbes aanlyn registrasie. - Sanlam bied lewensversekering aan lede van die PPF. Lede moet seker maak dat die pensioenfondskantoor Sanlam se benoemingsvorm op lêer het. Indien ’n lid sonder so ’n benoemingsvorm te sterwe kom, betaal Sanlam die versekerde bedrag aan die boedel in plaas van aan die benoemde. Sien Benoemingsvorm.
- Die NG Kerk in SA (Wes-Kaapland) is ook ’n diensverskaffer van die PPF. Die NG Kerk in SA bedryf onder andere die pensioenfondskantoor. Die kantoor is weeksdae van 7:30 tot 13:30 oop. Sien Kontakbesonderhede.
- Die PPF het ’n onafhanklike hoofbeampte. Hy het nie ’n kantoor (of kantoor-ure) by die NG Kerk in SA nie. Kontak hom enige tyd vir enige navraag oor die pensioenfonds. Hy is ook die PPF se inligtingsbeampte. Sien Kontakbesonderhede.
- Lede het heelwat keuses om uit te oefen. Die eerste keuse is die bydraevlak. Predikante se bydrae tot die pensioenfonds is nie gekoppel aan hulle salaris nie, maar aan die ooreengekome bydraevlak. Daar is sewe bydraevlakke. Die presentasies van die bydraevlakke verwys na die “risikosalaris”. Die “risikosalaris” is gebaseer op die maksimum salaris (topskaal) van die Algemene Sinode se riglyn vir ’n predikant plus ’n bonus (dertiende tjek) asook ’n 7% addisionele voorsiening. Sien Omsendbrief
- Lewensversekering (Groepverskering by Sanlam) van twee maal die risikosalaris is verpligtend vir alle lede. Lede kan egter kies om meer lewensversekering uit te neem. Die premie vir die addisionele lewensversekering word uit die gemeente se bydrae tot die pensioenfonds verhaal. Groter lewensversekering is dus ten koste van ’n groter bydrae tot die pensioenfonds. Sien Omsendbrief
- Lede het ’n keuse ten opsigte van die portefeulje waarin hulle fondskrediet belê word. Sien Lewensfasemodelle en Beleggingsportefeuljes.
- Die historiese opbrengs van die verskillende beleggingsportefeuljes is op die Fonds se webwerf beskikbaar. Opbrengs. Die beleggingsportefeuljes se feiteblaaie (dit word jaarliks uitgereik) is ook op die webwerf beskikbaar. Sien Feiteblaaie.
AMPTELIKE NAAM EN ADRES
Predikante Pensioenfonds van die Ned. Geref. Kerk in Suid-Afrika
Privaatsak X8, BELLVILLE, 7535
NG Kerksentrum, De Langestraat 5, Bellville, 7530
Telefoon: 021 957 7115 (soggens van 8:00 tot 13:30)
E-pos: pensioen@kaapkerk.co.za
REGISTRASIENOMMER
FSCA: 12/8/3615
SAID: 18/20/4/004825
HOOFBEAMPTE
Die Hoofbeampte van die PPF is ds AH (Bossie) Minnaar.
Kontakbesonderhede van die Hoofbeampte:
Selfoon: 083 270 5211
E-pos: bossie@kaapkerk.co.za
TRUSTEES OF BEHEERLIGGAAM
Die Fonds word bestuur deur ’n Raad van Trustees (21 lede) of ook die Beheerliggaam genoem. Die volgende Trustees dien tans (vanaf 1 Mei 2023) in die Beheerliggaam. Ds Monty Sahd is op 8 Junie 2023 as die voorsitter van die Trustees aangewys.
Ledeverteenwoordigers (10)
Wes-Kaapland – Ds Roelien Karsten (vanaf 1 Maart 2025).
Wes-Kaapland – Ds Eugene Malan.
Wes-Kaapland – Ds Jampie Nel.
Wes-Kaapland – Ds Monty Sahd (Voorsitter).
Wes-Kaapland – Ds Lenois Stander.
Wes-Kaapland – Dr Johan van den Heever.
KwaZulu-Natal – Ds Petrus Botha.
Noord-Kaapland – Ds Melt Loubser.
Oos-Kaapland – Ds Joe Janse van Rensburg (vanaf 27 Januarie 2025).
Vrystaat – Mnr Adriaan de Ruiter.
Pensioentrekkerverteenwoordiger (1)
Ds Christo Alheit.
IFLA verteenwoordiger (1)
Ds Charl Stander.
Werkgewerverteenwoordigers (9)
Wes-Kaapland – Mnr Werner Jordaan.
Wes-Kaapland – Ds Hanri Joubert (vanaf 17 Januarie 2025).
Wes-Kaapland – Mnr Jan Kotze.
Wes-Kaapland – Mnr Christian van Schalkwyk.
Wes-Kaapland – Mnr Jan Swanepoel.
KwaZulu-Natal – Ds Pieter Grobler.
Noord-Kaapland – Ds Christo Jonck.
Oos-Kaapland – Ds Danie Mouton.
Vrystaat – Dr Leon Foot.
KOMITEES
Dagbestuur (7)
Voorsitter van die Raad van Trustees: Monty Sahd (Voorsitter).
Voorsitter van die Beleggingskomitee: Charl Stander.
Wes-Kaapland: Charl Stander.
Oos-Kaapland: Danie Mouton.
Noord-Kaapland: Christo Jonck.
KwaZulu-Natal: Petrus Botha.
Vrystaat: Leon Foot.
Hoofbeampte: Bossie Minnaar.
Beleggingskomitee (9)
Lede van die Beheerliggaam: Charl Stander (Voorsitter), Christian van Schalkwyk, Melt Loubser en Leon Foot.
Kundige lede: Johan de Villiers, Niel Krige en Robert Roux.
Voorsitter van die Raad van Trustees: Monty Sahd.
Hoofbeampte: Bossie Minnaar.
Oudit-en Risikokomitee (5)
Lede van die Beheerliggaam: Jan Kotze (Voorsitter), Monty Sahd en Charl Stander.
Nie-lede van die Beheerliggaam: Annerina Viljoen.
Hoofbeampte: Bossie Minnaar.
Kommunikasiekomitee (5)
Hoofbeampte: Bossie Minnaar (Sameroeper).
Lede van die Beheerliggaam: Danie Mouton, Jampie Nel, Lenois Stander en Eugene Malan.
Sterftevoordeelbepalingskomitee (5)
Hoofbeampte: Bossie Minnaar (Sameroeper).
Lede van die Beheerliggaam: Monty Sahd, Jan Swanepoel en Petrus Botha.
Alexander Forbes se konsultant: Fanie Ferreira.
DIENSVERSKAFFERS
Administrateurs: Alexander Forbes Finansiële Dienste en die NG Kerk in SA
Aktuariële dienste: Alexander Forbes Finansiële Dienste (vanaf 1 Maart 2016)
Bank: Standard Bank
Beleggingskonsultante: Willis Towers Watson Aktuarisse en Konsultante (WTW)
Konsultante: Alexander Forbes Finansiële Dienste
Ouditeure: Deloitte
BATEBESTUURDERS
Suid-Afrikaanse aandele
- Allan Gray
- Coronation
- Sanlam
Suid-Afrikaanse effekte
- Ninety One
- Futuregrowth
Suid-Afrikaanse infrastruktuur
- Stanlib
Suid-Afrikaanse multibate
- Prescient Income Fund
Internasionale aandele
- Stanlib MSCI Note
- Sygnia Diversified Global Developed Markets Equity (Lindsell Train, Polaris Capital, Lansdowne Partners, GQG Partners, Metropolis Capital, Sands Capital, Sanders Capital, Select Equity, Jennison Associates en Teewinot).
- Sygnia Diversified Global Emerging Markets Equity (Sands Capital, Pzena, GQG Partners, Coronation en Aikya).
Internasionale eiendom
- Sygnia Global Property (Resolution Capital).
Internasionale infrastruktuur
- Sygnia Global Infrastructure (Maple-Brown Abbott)
Internasionale private ekwiteit
- Sygnia Private Equity (OSE, Braavos III)
KEUSES: MODELLE EN PORTEFEULJES
Lede van die PPF het ’n keuse (wat hulle enige tyd skriftelik kan wysig) oor hoe hulle bestaande fondswaarde en hulle maandelikse bydraes tot die pensioenfonds belê moet word. Die keuse bestaan uit die kies van ’n model. Om die modelle te verstaan, behoort die lid kennis te neem van die verskillende portefeuljes en die verskillende bateklasse in hierdie portefeuljes.
Inligtingsdokument wat die PPF se opsies, portefeuljes en bateklasse te verduidelik: Portefeuljes
Vorm om te voltooi (vanaf Oktober 2023) ten einde ’n beleggingskeuse uit te oefen: Beleggingskeuse
REGISTRASIE OP ALEXFORBES ONLINE
Riglyn om te registreer om toegang tot Alexforbes Online (webwerf of selfoontoepassing) te kry: Alexforbes.
TRANSVAALSE PENSIOENFONDS
Die vyf suidelike sinodes (Noord-, Wes- en Oos-Kaapland, KwaZulu-Natal en Vrystaat) se predikante is lede van die Predikante Pensioenfonds. Die vier noordelike sinodes (Noordelike-, Oostelike-, Hoëveld- en Goudland-sinode) is deel van die Transvaalse Pensioenfonds, amptelik die “NG Kerk van Transvaal: Predikante en Amptenare Pensioenfonds”. Kontak ds Rehan Rheeder van die Transvaalse Fonds as volg:
Telefoon: 083 288 7756
E-pos: rehan@pensioene.co.za
REËLS VAN DIE FONDS
Sien Publikasies.