INHOUDSOPGAWE
- Amptelike naam en adres van die Pensioenfonds
- Registrasienommer
- Hoofbeampte
- Beheerliggaam
- Komitees
- Diensverskaffers
- Batebestuurders
- Keuses: Modelle en Portefeuljes
- Transvaalse Pensioenfonds
- Riglyn om op Alexforbes Online te registreer
- Reëls van die Fonds
- Sanlampolisse, Omsetting- en Voortsettingsopsies en vorms
KORTLIKS
- Die Predikante Pensioenfonds van die Ned. Geref. Kerk in Suid-Afrika (PPF) maak gebruik van diensverskaffers, soos Alexforbes. Lede van die PPF se geld is egter nie by Alexforbes belê nie. Lede is ook nie lid van Alexforbes se pensioenfonds nie. Alexforbes is slegs die administrateur. Hulle bied onder andere ’n platform wat lede toegang gee om hulle fondswaarde te kan sien. Sien Algemene Inligting
- Sanlam bied lewensversekering aan lede van die PPF. Lede moet seker maak dat die pensioenfondskantoor Sanlam se benoemingsvorm op lêer het. Indien ’n lid sonder so ’n benoemingsvorm te sterwe kom, betaal Sanlam die versekerde bedrag aan die boedel in plaas van aan die benoemde. Sien Belangrike vorms
- Die NG Kerk in SA (Wes-Kaapland) is ook ’n diensverskaffer van die PPF. Die NG Kerk in SA bedryf onder andere die pensioenfondskantoor. Die kantoor is weeksdae van 7:30 tot 13:30 oop. Sien Kontakbesonderhede.
- Die PPF het ’n onafhanklike hoofbeampte. Hy het nie ’n kantoor (of kantoor-ure) by die NG Kerk in SA nie. Kontak hom enige tyd vir enige navraag oor die pensioenfonds. Hy is ook die PPF se inligtingsbeampte. Sien Kontakbesonderhede.
- Lede het heelwat keuses om uit te oefen. Die eerste keuse is die bydraevlak. Predikante se bydrae tot die pensioenfonds is nie gekoppel aan hulle salaris nie, maar aan die ooreengekome bydraevlak. Daar is sewe bydraevlakke. Die presentasies van die bydraevlakke verwys na die “risikosalaris”. Die “risikosalaris” is gebaseer op die maksimum salaris (topskaal) van die Algemene Sinode se riglyn vir ’n predikant plus ’n bonus (dertiende tjek) asook ’n 7% addisionele voorsiening. Sien Omsendbriewe.
- Lewensversekering (Groepverskering by Sanlam) van twee maal die risikosalaris is verpligtend vir alle lede. Lede kan egter kies om meer lewensversekering uit te neem. Die premie vir die addisionele lewensversekering word uit die gemeente se bydrae tot die pensioenfonds verhaal. Groter lewensversekering is dus ten koste van ’n groter bydrae tot die pensioenfonds. Sien Omsendbriewe.
- Lede het ’n keuse ten opsigte van die portefeulje waarin hulle fondskrediet belê word. Sien Beleggings.
- Die historiese opbrengs van die verskillende beleggingsportefeuljes is op die Fonds se webwerf beskikbaar. Opbrengs. Die beleggingsportefeuljes se feiteblaaie (dit word jaarliks uitgereik) is ook op die webwerf beskikbaar. Sien Feiteblaaie.
AMPTELIKE NAAM EN ADRES
Predikante Pensioenfonds van die Ned. Geref. Kerk in Suid-Afrika
Privaatsak X8, BELLVILLE, 7535
NG Kerksentrum, Pastoriestraat, Arauna, Brackenfell.
Telefoon: 021 957 7115 (soggens van 7:30 tot 13:30)
E-pos: pensioen@kaapkerk.co.za
REGISTRASIENOMMER
FSCA: 12/8/3615
SAID: 18/20/4/004825
HOOFBEAMPTE
Die Hoofbeampte van die PPF is ds AH (Bossie) Minnaar.
Kontakbesonderhede van die Hoofbeampte:
Selfoon: 083 270 5211
E-pos: bossie@kaapkerk.co.za
TRUSTEES OF BEHEERLIGGAAM
Die Fonds word bestuur deur ’n Raad van Trustees (21 lede) of ook die Beheerliggaam genoem. Die volgende Trustees dien tans (vanaf 1 Mei 2023) in die Beheerliggaam. Ds Monty Sahd is op 8 Junie 2023 as die voorsitter van die Trustees aangewys.
Ledeverteenwoordigers (10)
Wes-Kaapland – Ds Roelien Karsten.
Wes-Kaapland – Ds Eugene Malan.
Wes-Kaapland – Ds Jampie Nel.
Wes-Kaapland – Dr Monty Sahd (Voorsitter).
Wes-Kaapland – Ds Lenois Stander.
Wes-Kaapland – Dr Johan van den Heever.
KwaZulu-Natal – Ds Petrus Botha.
Noord-Kaapland – Ds Melt Loubser.
Oos-Kaapland – Ds Joe Janse van Rensburg.
Vrystaat – Mnr Adriaan de Ruiter.
Pensioentrekkerverteenwoordiger (1)
Ds Christo Alheit.
IFLA verteenwoordiger (1)
Ds Charl Stander.
Werkgewerverteenwoordigers (9)
Wes-Kaapland – Mnr Werner Jordaan.
Wes-Kaapland – Ds Hanri Joubert.
Wes-Kaapland – Mnr Jan Kotze.
Wes-Kaapland – Mnr Christian van Schalkwyk.
Wes-Kaapland – Mnr Jan Swanepoel.
KwaZulu-Natal – Ds Pieter Grobler.
Noord-Kaapland – Ds Christo Jonck.
Oos-Kaapland – Ds Danie Mouton.
Vrystaat – Dr Leon Foot.
KOMITEES
Dagbestuur (7)
Voorsitter van die Raad van Trustees: Monty Sahd (Voorsitter).
Voorsitter van die Beleggingskomitee: Charl Stander.
Wes-Kaapland: Charl Stander.
Oos-Kaapland: Danie Mouton.
Noord-Kaapland: Christo Jonck.
KwaZulu-Natal: Petrus Botha.
Vrystaat: Leon Foot.
Hoofbeampte: Bossie Minnaar.
Beleggingskomitee (9)
Lede van die Beheerliggaam: Charl Stander (Voorsitter), Christian van Schalkwyk, Melt Loubser en Leon Foot.
Kundige lede: Johan de Villiers, Niel Krige en Robert Roux.
Voorsitter van die Raad van Trustees: Monty Sahd.
Hoofbeampte: Bossie Minnaar.
Oudit-en Risikokomitee (5)
Lede van die Beheerliggaam: Jan Kotze (Voorsitter), Monty Sahd en Charl Stander.
Nie-lede van die Beheerliggaam: Annerina Viljoen.
Hoofbeampte: Bossie Minnaar.
Kommunikasiekomitee (5)
Hoofbeampte: Bossie Minnaar (Sameroeper).
Lede van die Beheerliggaam: Danie Mouton, Jampie Nel, Lenois Stander en Eugene Malan.
Sterftevoordeelbepalingskomitee (5)
Hoofbeampte: Bossie Minnaar (Sameroeper).
Lede van die Beheerliggaam: Monty Sahd, Jan Swanepoel en Petrus Botha.
Alexander Forbes se konsultant: Fanie Ferreira.
DIENSVERSKAFFERS
Administrateurs: Alexander Forbes Finansiële Dienste en die NG Kerk in SA
Aktuariële dienste: Alexander Forbes Finansiële Dienste (vanaf 1 Maart 2016)
Bank: Standard Bank
Beleggingskonsultante: Willis Towers Watson Aktuarisse en Konsultante (WTW)
Konsultante: Alexander Forbes Finansiële Dienste
Ouditeure: Deloitte
BATEBESTUURDERS
Suid-Afrikaanse aandele
- Allan Gray
- Coronation
- Sanlam
Suid-Afrikaanse effekte
- Ninety One
- Futuregrowth
Suid-Afrikaanse infrastruktuur
- Stanlib
Suid-Afrikaanse multibate
- Prescient Income Fund
Internasionale aandele
- Stanlib MSCI Note
- Sygnia Diversified Global Developed Markets Equity (Lindsell Train, Polaris Capital, Lansdowne Partners, GQG Partners, Metropolis Capital, Sands Capital, Sanders Capital, Select Equity, Jennison Associates en Teewinot).
- Sygnia Diversified Global Emerging Markets Equity (Sands Capital, Pzena, GQG Partners, Coronation en Aikya).
Internasionale eiendom
- Sygnia Global Property (Resolution Capital).
Internasionale infrastruktuur
- Sygnia Global Infrastructure (Maple-Brown Abbott)
Internasionale private ekwiteit
- Sygnia Private Equity (OSE, Braavos III)
KEUSES: MODELLE EN PORTEFEULJES
Lede van die PPF het ’n keuse (wat hulle enige tyd skriftelik kan wysig) oor hoe hulle bestaande fondswaarde en hulle maandelikse bydraes tot die pensioenfonds belê moet word. Die keuse bestaan uit die kies van ’n model. Om die modelle te verstaan, behoort die lid kennis te neem van die verskillende portefeuljes en die verskillende bateklasse in hierdie portefeuljes.
Sien Beleggingsmodelle.
REGISTRASIE OP ALEXFORBES ONLINE
Lede kan registreer om toegang tot Alexforbes Online (webwerf of selfoontoepassing) te kry. Hierdie toepassing verskaf onder andere die lid se fondswaarde en bevat belangrike fondsinligting.
Sien Alexforbes.
TRANSVAALSE PENSIOENFONDS
Die vyf suidelike sinodes (Noord-, Wes- en Oos-Kaapland, KwaZulu-Natal en Vrystaat) se predikante is lede van die Predikante Pensioenfonds. Die vier noordelike sinodes (Noordelike-, Oostelike-, Hoëveld- en Goudland-sinode) is deel van die Transvaalse Pensioenfonds, amptelik die “NG Kerk van Transvaal: Predikante en Amptenare Pensioenfonds”. Kontak ds Rehan Rheeder van die Transvaalse Fonds as volg:
Telefoon: 083 288 7756
E-pos: rehan@pensioene.co.za
REËLS VAN DIE FONDS
Die reëls van die Fonds word gereeld hersien. Die nuutste reëls, soos geldig vanaf 1 Maart 2025, na Reëlwysiging 12, is saamgevoeg in een dokument. Die laaste vier wysigings word in kleur aangedui:
- Swart: Oorspronklike reëls en Reëlwysigings 1 tot 7
- Rooi: Reëlwysiging 9: Geldig vanaf 1 September 2021
- Groen: Reëlwysiging 10: Geldig vanaf 1 Mei 2023
- Blou: Reëlwysiging 11: Geldig vanaf 1 September 2024
- Pers: Reëlwysiging 12: Geldig vanaf 1 Maart 2025
Sien Reëls van die Fonds.
In die geval van ’n dispuut oor die reëls sal die amptelike reëlwysiging, soos gestempel deur die FSCA, die geldige reël wees. Hierdie saamgevoegde reëlboekie is bloot vir maklike verwysing.
SANLAM
Poliskontrakte
Die versekerde voordele word buite die Fonds deur die NG Kerk in SA gebied. Dit is vir alle lede van die Fonds behalwe vir die Vrystaatse-lede. Die Vrystaat Sinode het hulle eie versekerede voordele vir predikante.
Hierdie polisse geld almal vanaf 1 Maart 2024.
- Opsomming van versekerdevoordele: PDF
- Lewensversekeringspolis: PDF
- Gadeversekeringspolis: PDF en endossement: PDF
- Inkomsteversekeringspolis (Ongeskiktheidspolis): PDF
- Enkelbedrag Ongeskiktheidspolis: PDF
- Inkomsteversekeringspolis vir vastetermynpredikante: PDF
- Kontantbedragpolis vir vastetermynpredikante: PDF
Verdere inligting en vorms
- Vorm vir die Benoeming van Begunstigdes: PDF
- Inligting oor die Omsettings– en Voortsettingopsies: PDF
Omsettingsopsie
Lede se lewensversekering staak by aftrede. Lede het egter die opsie (die Omsettingsopsie) om hulle lewensversekering voort te sit na aftrede. Volgens die Omsettingsopsie kan ’n lid sonder ’n mediese ondersoek voortgaan met lewensversekering by Sanlam, maar teen privaat tariewe wat Sanlam sal kwoteer. Die Omsettingsopsie (indien die lid dit wil neem) MOET egter binne 60 dae na die lid se 65ste verjaarsdag uitgeoefen word. Lede wat vroeër aftree, kan ook die Omsettingsopsie kies, maar moet dit dan binne 60 dae na die vervroegde aftreedatum kies.
Voortsettingsopsie
Lede wat ononderbroke met diens na ouderdom 65 voortgaan, kan met die groeplewensversekering (teen dieselfde premie as vir lede jonger as 65) voortgaan tot en met die lid se sewentigste verjaarsdag. Dit word die Voortsettingsopsie genoem.
Benoemingsvorm
Vorm vir die Benoeming van Begunstigdes: PDF
’n Benoemingsvorm wat aan die versekeraar (Sanlam) die opdrag gee aan wie die versekering betaal moet word in van uiterste belang. Elke lid van die Predikante Pensioenfonds moet so ’n vorm voltooi en na die pensioenfondskantoor stuur. Volgens die versekeringswet moet die versekeraar (Sanlam in die geval van die Predikante Pensioenfonds se lede) streng by die benoemingsvorm bly. Sanlam vereis dus ’n spesifieke benoemingsvorm ten opsigte van die risikovoordele (lewensversekering). Gadeversekering word by verstek aan die gade betaal en vereis dus nie ’n afsonderlike benoemingsvorm nie. Indien die versekerde en die gade egter in dieselfde maand sterf, word die lewensversekering én gadeversekering toegeken soos in Kolom E aangedui.
By die Risikoversekering is dit wel moontlik om naas mense, ook ’n trust of enige ander entiteit te benoem as die begunstigde of begunstigdes. Ook hier kan dit baie help as die pensioenfondskantoor van die kontakbesonderhede van die entiteite ingelig kan word. Indien Sanlam of die pensioenfondskantoor nie die entiteit kan opspoor nie, sal die geld na die lid se boedel gaan.
Sanlam se polis verbied die lid om die lid se werkgewer (die gemeente of sinode wat die lid se salaris betaal) as ’n begunstigde te benoem.
“BENEFICIARY means the person(s) nominated by the INSURED, which person(s) may not include the EMPLOYER.”
“EMPLOYER means the CHURCH and any participating body of the EMPLOYER and any branch associated to the EMPLOYER which with the consent of the FUND and SANLAM participates in the Policy.
With regard to an EMPLOYEE, EMPLOYER means that EMPLOYER by whom the EMPLOYEE is or was last employed.”
“‘Person’ is defined in the Insurance Act as “the meaning defined in the Financial Sector Regulation Act (FSRA)”. The FSRA defines a ‘person’ to mean a natural person or juristic person. In terms of the FSRA, a ‘juristic person’ includes “an association, partnership, club or other body of persons of whatever description,….”.