Tuis

NUUT

Aktiewe lede – Omsendbrief vir die 2026 finansiële jaar

1 Maart 2025 tot 28 Februarie 2026: Omsendbrief vir 2026
Vorm vir opsionele lewensdekking vanaf 1 Maart 2025: Sterftedekking

2024 se Nuusbrief

Die Fonds se jongste nuusbrief kan hier afgelaai word: Nuusbrief 2024.
Hierdie nuusbrief fokus op die opsies by aftrede, die tweepotstelsel, die drie bonusse vir pensioentrekkers, die prestasie van die Fonds en heelwat ander nuttige brokkies.

Tweepotstelsel

Die tweepotstelsel het op 1 September 2024 in werking getree.
(1) Lees in die Fonds se jongste nuusbrief in gewone Afrikaans wat die tweepotstelsel is en hoekom lede liefs nie nou onttrekkings moet maak nie: Nuusbrief 2024
(2) Lede wat wel ‘n onttrekking wil doen, moet die eis verkieslik via AF Connect doen. Dit is wel moontlik om dit ook per vorm te eis. Vra die vorm by die pensioenfondskantoor aan.
(3) Skakel na Alexander Forbes se webblad met omvattende inligting oor die tweepotstelsel: Tweepot webwerf

Beskermingsdiens

Lede wat aftree en besluit om ’n eksterne annuïteitsproduk aan te koop, is soms onseker of hulle die regte besluit neem. Alexander Forbes bied nou ’n beskermingsdiens aan lede van die Predikante Pensioenfonds om objektief na die spesifieke produk en die koste daarvan te kyk. Die lid kan die voorstel, soos dit aan die lid voorgelê is, aan Alexander Forbes stuur. Teen ’n koste van R1 000 plus BTW (dit wil sê R1 150,00) sal Alexander Forbes die voorstel objektief beoordeel en aan die lid verslag doen. Kontak die hoofbeampte [Kontakbesonderhede] vir besonderhede oor hoe om die diens aan te vra.

Trusteeverslag 2023

Die Trusteeverslag vir die 2023 finansiële jaar is op 7 Maart 2024 deur die Beheerliggaam goedgekeur. Lees dit hier: PDF

Beleggingskeuse

Lede van die PPF het ’n keuse (wat hulle enige tyd skriftelik kan wysig) oor hoe hulle bestaande fondswaarde en hulle maandelikse bydraes tot die pensioenfonds belê moet word. Die keuse bestaan uit die kies van ’n model. Om die modelle te verstaan, behoort die lid kennis te neem van die verskillende portefeuljes en die verskillende bateklasse in hierdie portefeuljes. Lees die nuwe inligtingsdokument (September 2023) wat die PPF se opsies, portefeuljes en bateklasse verduidelik: Beleggingskeuses
Beleggingskeusevorm: Vorm

ALGEMEEN

Die Predikante Pensioenfonds van die Ned. Geref. Kerk in Suid-Afrika (PPF) is die pensioenfonds vir predikante van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaapland), die NG Kerk in Noord-Kaapland, die NG Kerk in Oos-Kaapland, die NG Kerk in KwaZulu-Natal en vanaf 1 September 2021 ook die NG Kerk in die Vrystaat. By implikasie beteken dit dat al die gemeentes in die betrokke sinodes deelhebbers van die PPF is.

Die PPF het op 1 Januarie 2008 vanaf ’n vaste voordeel struktuur na ’n vaste bydrae struktuur omgeskakel.

Die PPF se aktiewe lede het op 30 November 2024 op 571 lede gestaan. Daar was toe ook 212 pensioentrekkers en 112 IFLA-lede (In-fonds Lewende Annuïteit). Die nuutste syfers kan telkens in die jongste Trusteeverslag gelees word. Sien Publikasies.