IN-FONDS LEWENDE ANNUÏTEIT
Ondergenoemde vorms is onlangs vernuwe (Desember 2025). Maak seker dat u die nuutste vorms hier aflaai of lees.
Die IFLA (in-fonds lewende annuïteit) bied aan lede die opsie om by aftrede ’n lewende annuïteit binne die Predikante Pensioenfonds te kies.
Die volgende indeks help om die nodige inligting en vorms te kry:
PPF1 – Alexander Forbes-aftredevorm
PPF2 – Opsies wanneer u aftree by u werkgewer
PPF3 – Die In Fonds Lewende Annuïteit-opsie (IFLA-opsie)
PPF4 – Vrae en antwoorde oor die IFLA-opsie
PPF6 – Vrywaringsvorm
PPF7 – Beleggingskeusevorm vir IFLA-lede
PPF8 – Nominasievorm van begunstigdes en afhanklikes
PPF9 – Voorbeeld van Jaarlikse Hersieningsbrief
PPF10 – Beleggingskeuse Inligtingsdokument vir IFLA-lede
PPF11 – Lid se bankbesonderhede
PPF12 – Versoek om meer belasting af te trek
AFTREDE IN DESEMBER
Lede wat in Desember wil aftree (dit wil sê op 30 November), moet kennis neem dat betaling eers in Januarie kan geskied, aangesien Alexforbes die opbrengste vir November eers laat in Desember ontvang nadat die betalings vir Desember reeds gelaai is. Nuwe IFLA-lede sal egter in Januarie ’n dubbele betaling ontvang.
FINANSIËLE ADVISEURS
Lede word sterk aangemoedig om tydig ’n professionele finansiële adviseur se advies te vra. Een van die voordele van die in-fonds lewende annuïteit is dat die PPF nou met spesifieke finansiële adviseurs ’n ooreenkoms gesluit het om finansiële advies teen ’n vasgestelde prys te voorsien. Die PPF se beheerliggaam het hierdie finansiële adviseurs gekeur en ’n diensvlakooreenkoms met hulle maatskappye gesluit. Die verdere voordeel is dat hierdie fooi nie in kontant deur die lid betaal hoef te word nie – dit word van die lid se fondskrediet verhaal.
Bekendstellingsbrosjures van adviseurs wat ʼn diensvlakooreenkoms met die PPF gesluit het om advies by aftrede teen vasgestelde tariewe te lewer:
Fooie sluit BTW van 15% in.
PPF5a – Alexander Forbes Finansiële Beplanningsdienste (Estian Visagie)
Fooi (vanaf 1 Januarie 2026):
Aftrede konsultasie: R5 750,00.
Na aftrede (jaarlikse fooi): 0,23% van fondswaarde,
maar met ‘n minimum van R5 750,00 en ‘n maksimum R14 950,00.
Aankoop van ’n gewaarborgde annuïteit: 1,15% op die koopprys tot ‘n maksimum van R28 750,00.
Kontakbesonderhede:
Selfoon of telefoon: 071 878 6664 of 021 809 3699
E-pos: visagiee@alexforbes.com
PPF5b – Winelands BlueStar (George de Kock, Alto de Kock, André Wethmar en Kenny Raats). Winelands Bluestar was voorheen FinPrufe Wealth BlueStar. Hulle kantoor en personeel het nie verander nie – slegs die naam.
Fooi (vanaf 1 Januarie 2026):
Voor aftrede per jaar: R5 500,00.
By aftrede vir aftreeproses: R5 500,00.
Na aftrede (jaarlikse fooi): 0,23% van fondswaarde,
maar met ‘n minimum van R6 390,00 en ‘n maksimum R14 000,00.
Kontakbesonderhede:
Telefoon: 021 880 6609
E-pos: admin@winelandsbluestar.co.za
Webwerf: http://www.winelandsbluestar.co.za
Lede word baie sterk gemotiveer om minstens twee keer voor aftrede met die finansiële adviseur te vergader:
(1) die eerste keer reeds so agt jaar voor aftrede (dus gewoonlik vanaf ouderdom 56). Dit is wanneer die lid moet besluit oor die lewensfase model (verstek, lewende annuïteit of eie keuse) en/of beleggings portefeulje (langtermyn-, konserwatiewe- of inkomstebeskerming-portefeulje)
(2) die tweede keer is dan net voor aftrede (dus gewoonlik iewers na ouderdom 64). Teen hierdie tyd het die lid reeds vir of teen ’n lewende annuïteit besluit. Die keuse is nou (indien ’n lewende annuïteit gekies sou word) vir binne of buite die PPF.
’n Lid mag kies om ’n eie finansiële adviseur aan te stel. Die lid sal egter self die adviesfooi moet beding (en betaal) vir finansiële adviseurs wat nie uit die PPF se goedgekeurde paneel van adviesfirmas kom nie. Die Beheerliggaam van die PPF beveel uiteraard ten sterkste aan dat een van die goedgekeurde adviesfirmas gebruik word.
VERDERE VRAE EN ANTWOORDE
Lede wat steeds onseker voel, is welkom om algemene navrae aan die Hoofbeampte rig. Die Hoofbeampte mag egter nie finansiële advies gee nie. Spesifieke finansiële advies moet by ’n finansiële adviseur (verkieslik ’n geregistreerde professionele finansiële adviseur) gevra word.
Lede wat aftree en besluit om ’n eksterne annuïteitsproduk aan te koop, is soms onseker of hulle die regte besluit neem. Alexander Forbes bied nou ’n beskermingsdiens aan lede van die Predikante Pensioenfonds om objektief na die spesifieke produk en die koste daarvan te kyk. Die lid kan die voorstel, soos dit aan die lid voorgelê is, aan Alexander Forbes stuur. Teen ’n koste van R1 000 plus BTW (dit wil sê R1 150,00) sal Alexander Forbes die voorstel objektief beoordeel en aan die lid verslag doen. Kontak die hoofbeampte [Kontakbesonderhede] vir besonderhede oor hoe om die diens aan te vra.